# Sokker: Banyana Banyana speel vanaand in Marokko teen Tanzanië in hulle tweede groep C-wedstryd van die Afrikabeker-vrouetoernooi en hoop om ‘n plek in die uitkloprondes te bespreek. Die verdedigende kampioen is voor in die groep met drie punte na die oorwinning oor Ghana. Afrigter Desiree Ellis sê die span moet op verdediging gefokus bly en doelgeleenthede benut. Tanzanië se afrigter, Bakari Shime, sê sy span is gereed om vir ‘n oorwinning te veg. Die wedstryd begin vanaand 9-uur Suid-Afrikaanse tyd.
Sokker: Banyana Banyana wil plek in WAFCON-kwarteindronde bespreek teen Tanzanië