# Sokker: Banyana Banyana sal teen Taiwan, Ecuador en Oesbekistan te staan kom in die voorlopige fase van die tussenkontinentale uitspeelwedstryde vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Brasilië. Suid-Afrika het hul plek in die uitspeelwedstryde verower na hul veldtog in die Afrikabekertoernooi, waar hulle Nigerië geklop het om hul Wêreldbekerdroom lewend te hou. Die uitspeelwedstryde sal in November en Desember gespeel word. Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê dis nie ‘n maklike loting nie, maar hulle kan slaag as hulle goed begin.
Sokker: Banyana Banyana se teenstanders vir die Wêreldbeker-uitspeelrondes bevestig