# Sokker: Suid-Afrika het Nigerië met 2-1 geklop in hul Afrikabeker vir Vroue-uitspeelwedstryd in Marokko en kwalifiseer nou vir die FIFA-uitspeeltoernooi vir volgende jaar se Wêreldbeker in Brasilië. Thembi Kgatlana en Refiloe Jane se doele het Banyana Banyana se oorwinning beklink. Die kwalifiseringsproses se volgende fase vind in November plaas. Dit bestaan uit twee spanne uit Afrika, naamlik Suid-Afrika en Ghana, twee uit Asië en een elk uit Oseanië en Suid-Amerika. Die twee topspanne dring deur na die laaste uitspeelronde in Maart.
Sokker: Banyana Banyana klop Nigerië om Wêreldbeker-hoop lewend te hou