Skip to content

Sokker: Bafana speel in Ivoorkus teen Benin in Wêreldbeker-kwalifiseerder

# Sokker: Bafana Bafana gaan later die maand in die Ivoorkus teen Benin speel in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder. Die wedstryd die 25ste word gespeel op dieselfde stadion in Abidjan waar Suid-Afrika die Demokratiese Republiek die Kongo verlede jaar geklop het om brons in te palm in die Afrikabekertoernooi. Benin moes sy tuiswedstryd verskuif weens ‘n gebrek aan stadions wat geskik is vir ‘n internasionale kragmeting. Nog 17 Afrika-spanne kan nie tuis speel nie weens stadions wat nie aan vereistes voldoen nie.