Skip to content

Sokker: Bafana pak Nigerië volgende maand in Wêreldbeker-kwalifiseerder in Bloemfontein

# Sokker: Bafana Bafana speel op 9 September in Bloemfontein teen Nigerië in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder. Die eerste fase van die kaartjieverkope open vandag op die Vrystaatstadion, met kaartjies teen 70-rand vir volwassenes en 40-rand vir kinders. Fase twee begin volgende Saterdag met kaartjies wat deur Ticketpro beskikbaar sal wees en fase drie sal die 16de begin met kaartjie wat by supermarkte en vulstasies gekoop kan word. Bafana Bafana is tans boaan kwalifiseringsgroep C met 13 punte, en Nigerië vierde met sewe punte.