# Sokker: Bafana Bafana het opgeskuif tot boaan Afrika se kwalifiserende Groep C vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika toe hy Lesotho 2-0 geklop het in Polokwane. Dit het meer as ‘n uur geneem voor Relebohile Mofokeng die eerste doel aangeteken het. Jayden Adams het slegs drie minute later verdoel en Suid-Afrika het die voorsprong behou tot die einde. Bafana is nou twee punte voor Benin, wat in die tweede posisie is, en die twee lande meet Dinsdag kragte in Abidjan in die Ivoorkus.
Sokker: Bafana klop Lesotho 2-0 en is boaan kwalifiserende Groep C vir Wêreldbeker