Sokker: Bafana Bafana is saam met Kenia, Guinee en Eritreë in Groep D geloot vir die kwalifiseerders vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi. Die loting is in Egipte gedoen vir die toernooi wat deur Kenia, Tanzanië en Uganda aangebied sal word. Suid-Afrika sal sy veldtog tydens die internasionale gleuf in September en Oktober begin. Bafana se afrigter, Hugo Broos, sal te staan kom teen Suid-Afrika se voorste doelskieter van alle tye, Benni McCarthy, wat nou Kenia se breier is. Slegs die topspanne sal plekke beklink vir die toernooi.
Sokker: Bafana teen Kenia geloot in Afrikabeker-kwalifiseerders