# Sokker: Bafana Bafana het twee waardevolle punte verloor in hul kwalifiseringsveldtog vir die 2027 Afrikanasies-beker nadat hulle wedstryd teen Kenia op die Orlando-stadion in Soweto gelykop geëindig het met twee elk. Relebohile Mofokeng het Suid-Afrika in die 77ste minuut ʼn 2-1 voorsprong gegee en hoop laat ontstaan vir ʼn derde agtereenvolgende Groep D-oorwinning. Die plaasvervanger Ryan Ogam het die telling egter gelykop gemaak en die gashere drie seges ontneem. Suid-Afrika bly eerste in die groep, met een punt voor Guinee. Die spanne ontmoet weer Dinsdag in Nairobi.
Sokker: Bafana en Kenia gelykop met twee elk