# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê Bafana Bafana se hulpafrigter, Helman Mkhalele, en die veiligheidshoof, Mdu Mbatha, het vertrek om by die res van die Wêreldbeker-groep in Mexiko aan te sluit nadat hul visums uiteindelik toegestaan is. Die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg het hul aanvanklike aansoeke om onbekende redes afgekeur. SAFA sê die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het ingegryp, waarna albei beamptes visums ontvang het. Bafana Bafana speel Vrydag ʼn vriendskaplike opwarmingswedstryd teen Jamaika.
Sokker: Bafana Bafana se visum-drama uiteindelik verby en hulpafrigter op pad na Mexiko