# Sokker: Suid-Afrika het hulle eerste oorwinning in Groep C behaal met ʼn 2-1-sege oor Guinee in die Afrikanasies-kampioenskap in Kampala. Bafana Bafana-kaptein Neo Maema het die eerste doel in die tiende minuut aangeteken. Moussa Camara van Guinee het die telling voor rustyd gelykop gemaak. In die 54ste minuut het Wayde Jooste die man van die wedstryd, Thabiso Kutumela, se tweede doel vir Suid-Afrika moontlik gemaak. Hierdie sege volg na Bafana Bafana se gelykopwedstryd van 1 elk teen Algerië.
Sokker: Bafana Bafana klop Guinea en behaal eerste oorwinning in CHAN-toernooi