Sokker: Bafana Bafana is uitgeskakel in die Wêreldbeker-toernooi na ‘n 1-0 nederlaag teen mede-gasheer Kanada in die rondte van 32 in Los Angeles. Die Speler van die Wedstryd, Stephen Eustaquio, se doel in die 92ste minuut was die deurslag in ‘n kragmeting wat Suid-Afrika in posisie oorheers en goed verdedig het. Dit is die eerste uitklopronde-oorwinning in die Kanadese geskiedenis. Jesse Marsch se span sal teen Nederland of Marokko in die laaste 16 speel.
Sokker: Bafana Bafana deur Kanada uitgeskakel by Wêreldbeker