# Sokker: Die afrigter van Bafana Bafana, Molefi Ntseki, sê Bafana sal vandag se groepwedstryd in die Afrikanasies-kampioenskap teen Guinee in Kampala, Uganda, met respek en omsigtigheid benader. Suid-Afrika het 1-elk teen Algerië gelykop gespeel en moet nou wen om in die kompetisie te bly. Ntseki waarsku oor Guinee se krag in die lug en sy gevaarlike aanvallers. Guinee, wat 3-nul teen Uganda verloor het, is ook desperaat vir punte. Die afskop op die Mandela Nasionale Stadion is vanmiddag vier-uur Suid-Afrikaanse tyd.
Sokker: Bafana afrigter sê sy span is reg vir reg-of-weg wedstryd teen Guinee in Afrikanasies-kampioenskap