# Sokker: Volgende week se kwalifiseerders vir die Asiese Bekertoernooi vir vroue wat in Jordanië gespeel sou word, sal nou volgende maand in Katar plaasvind. Die herskedulering en verskuiwing is genoodsaak deur die konflik tussen Israel en Iran wat tot die sluiting van lugruime gelei het. Die ander kwalifiseerders sal soos beplan voortgaan en die loting vir die eindronde sal einde volgende maand gedoen word. Twaalf spanne sal aan die toernooi deelneem wat in Maart volgende jaar in Australië gespeel sal word.
Sokker: Asiese Bekertoernooi vir vroue se kwalifiseerders word na Katar verkuif weens konflik in Midde-Ooste