Skip to content

Sokker: Arteta sê Liverpool het die sterkste Premierligaspan bymekaar gebring

# Sokker: Die hoofafrigter van Arsenal, Mikel Arteta, erken dat sy titelteenstanders Liverpool die sterkste groep in die Premierliga samgebring het, nadat die kampioene met Alexander Isak ‘n kontrak onderteken het vir ‘n Britse rekordbedrag. Liverpool het ‘n enorme bedrag van 2,9-miljard-rand aan Newcastle uitbetaal vir die Sweedse doelskieter wat nog ‘n verdere aanvalsopsie by Arne Slot se span voeg. Na hulle 20ste Engelse kroon het die Reds meer as 9,4-miljard-rand op nuwe spanlede spandeer, met Florian Wirtz wat vir 2,4-miljard-rand by Bayer Leverkusen gekoop is.