# Sokker: Arsenal is die eerste keer sedert 2009, en die derde keer in die geskiedenis, deur na die Kampioeneliga se halfeindronde nadat hulle Real Madrid afgeransel het. Die Gunners het in die kwarteindronde se tweede kragmeting met 3-0 voorgeloop voordat hulle by die Bernabeu met 2-1 gewen, en met ʼn totaal van 5-1 geseëvier het. Inter Milan het intussen by die San Siro vir Bayern Munich in totaal met 4-3 verslaan nadat hulle in die tweede kragmeting met 2-elk gelykop was. In die halfeindronde is dit Arsenal teen PSG, en Milan teen Barcelona.
Sokker: Arsenal klop Real Madrid om Kampioeneliga se halfeindronde te haal