# Sokker: Arsenal het ‘n senutergende wedstryd teen die reeds gerelegeerde Burnley 1-0 ingepalm en nader gekom aan sy eerste Premierskap-titel in 22-jaar. Kai Havertz het die enigste doel van die kragmeting aangeteken. Indien Manchester City vanaand verloor teen Bournemouth, wat reeds 16 agtereenvolgende wedstryde gewen het, sal Arsenal die titel inpalm. Indien City egter oor die Cherries seëvier, sal die titel Sondag op die laaste dag van die seisoen beslis word en sal Arsenal net vir Chrystal Palace moet klop om tot kampioen gekroon te word.
Sokker: Arsenal gereed om Premierliga-titel te gryp ná oorwinning oor Burnley