Skip to content

Sokker: Argentinië en Switserland deur na Wêreldbeker-kwarteindronde

# Sokker: Die verdedigende kampioen, Argentinië, het ‘n agterstand van twee doele in Atlanta ingehaal om Egipte met 3-2 te verslaan in die Wêreldbekertoernooi se ronde van 16. Egipte het langer as ʼn uur voorgeloop na Yasser Ibrahim en Mostafa Ziko se doele. Cristian Romero het in die 79ste minuut vir Argentinië verdoel, kaptein Lionel Messi het die telling gelykop gemaak en Enzo Fernández het die oorwinning in die doodsnikke beklink. Switserland het Colombië in Vancouver 4-3 verslaan en ‘n kwarteindstryd teen Argentinië bespreek.