#Sokker: Angola het gister ‘n 3-nul oorwinning oor ‘n aanmekaargeflansde Bafana Bafana-span behaal in ‘n sterk vertoning om die COSAFA-beker in die Vrystaat Stadion in Bloemfontein te wen. Laurido “Depu” Aurello van Angola het in die 43ste en 47ste minuut doele aangeteken en Milson het die oorwinning bekragtig met ‘n derde doel in die 62ste minuut. Ten spyte van pogings vroeg in die wedstryd kon Suid-Afrika nie hond haaraf maak nie. Angola het nou vyf opeenvolgende oorwinnings in die kompetisie behaal, net soveel soos Suid-Afrika en kort agter Zambië op sewe en Zimbabwe met ses.
Sokker: Angola verdedig COSAFA-beker titel suksesvol teen Bafana Bafana B-span