# Sokker: Manchester United se beleërde afrigter, Ruben Amorim, erken hy’t dit oorweeg om te bedank want hy “haat” soms die spelers. Bespiegelinge oor sy moontlike vertrek van Old Trafford het ontstaan in ‘n kort onderhoud na United se vernederende nederlaag teen die laer vlak Grimsby-span in die Ligabeker-kompetisie. Amorim het na die nederlaag met strafdoele gesê iets moet verander na hulle stadige begin van die seisoen. Amorim se span is ook deur Arsenal geklop en en hulle gelykop gespeel teen Fulham voor die nederlaag teen Grimsby.