# Sokker: Amerika gaan in Januarie 2028 die gasvrou wees vir die eerste Klub-Wêreldbekertoernooi vir vroue. Neëntien spanne gaan deelneem en sewe klubs het reeds gekwalifiseer deur die afgelope twee seisoene kontinentale toernooie te wen. Die lys sluit in die Engelse Vroue-superliga-span Arsenal, die huidige Europese kampioen, Barcelona van Spanje, en Corinthians van Brasilië. FIFA se hoof van vrouesokker, Sarai Bareman, sê Amerika se onlangse uitstekende aanbieding van top-FIFA-toernooie, tesame met die groot belangstelling in vrouesokker en die land se uitstekende sportinfrastruktuur, maak dit die vanselfsprekende keuse.
Sokker: Amerika gaan heel eerste FIFA Vroue Klubwêreldbeker-kompetisie in 2028 aanbied