# Sokker: Amerika, Engeland en België is deur na die Wêreldbekertoernooi se laaste 16. Amerika het Bosnië-Herzegowina in Santa Clara 2-0 verslaan. Kaptein Harry Kane se twee doele het Engeland gehelp om die Demokratiese Republiek die Kongo in Atlanta 2-1 te troef. Dis die eerste keer in 60 jaar dat Engeland ʼn agterstand inhaal om ʼn uitklopwedstryd te wen. België het in Seattle met Senegal afgereken deur hulle in bykokmende tyd 3-2 te klop. Amerika kom nou teen België te staan terwyl Engeland en die mede-gasheerland, Mexiko, sake uitspook.
Sokker: Amerika, Engeland en België dring deur na Wêreldbeker se ronde van 16