Skip to content

Sokker: Amajita deur na Ronde van 16 van die Onder-20-Wêreldbekertoernooi

# Sokker: Suid-Afrika is deur na die uitklopfase van die Onder-20-Wêreldbekertoernooi in Chili na ‘n oorwinning van 2-1 oor Amerika. Die Amerikaners het die voortou geneem met ‘n doel deur Noah Cobb, en Amajita het die telling gelykop gemaak toe Joshua Wynder ‘n eie doel aangeteken het. Die ommekeer is voltooi toe Gomolemo Kekana net voor rustyd die tweede doel aangeteken het. Ondanks die nederlaag gaan die Amerikaners steeds deur as wenner van Groep-E, terwyl Amajita tweede is op doelgemiddeld en in die laaste 16 teen Colombië speel.