Skip to content

Sokker: Afskoptye vir 2026 Wêreldbeker kan as gevolg van hitte verskuif word

# Sokker: Afskoptye kan verskuif word in volgende jaar se Wêreldbeker in die VSA, Kanada en Mexiko weens kommer oor die hitte. Dit volg nadat temperature van tussen 30- en 40-grade Celsius in vanjaar se Klubwêreldbeker in Amerika aangeteken is, wat tot kommer oor spelers se gesondheid gelei het. Die president van die sport se beheerliggaam in Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande, Victor Montagliani, het gesê die intense somerhitte sal in ag geneem word tydens die skedulering van wedstryde. Die toernooi begin op 11 Junie.