Skip to content

Soil of Africa verwelkom regeringsplan om skoon water aan Hammanskraal te voorsien

# Die burgerlike beweging, Soil of Africa, verwelkom elke opregte ingryping wat skoon water na die mense van Hammanskraal bring. President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Watertoegang-versnellingsprogram in Hammanskraal van stapel gestuur om die gebied se voortdurende waterkrisis op te los. Die leier van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê egter hulle gaan nie ‘n diens loof wat dekades gelede reeds gelewer moes wees nie. Hy sê toegang tot skoon water is nie ‘n voorreg wat deur die regering uitgedeel word nie; dit is ‘n fundamentele mensereg wat aan elke burger gewaarborg word.