# Die Soil of Africa Movement sê die ontvoering van die Vosloorus-sakeman, Mazwi Kubheka, weerspieël ʼn groter krisis onder swart ondernemings wat gebuk gaan onder vrees, intimidasie en afpersing. Kubheka het homself Saterdag by die Vosloorus-polisiekantoor aangemeld nadat hy ʼn maand lank vermis was. Hy is volgens berigte ontvoer ná ʼn geskil oor sakebelange. Die beweging se leier, Bongani Ramontja, sê daar moet volledig ondersoek ingestel word na misdaadsindikate wat met ontvoering en afpersing verbind word:
Soil of Africa Movement sê ontvoering van Vosloorus-sakeman weerspieël ’n groter krisis [KLANK]
ENG BonganiONCrisis