Skip to content

Soektog op tou gesit na aanval op fietsryers in Bloemfontein

# Die Parkweg-polisie in Bloemfontein in die Vrystaat soek na twee verdagtes wat gisteroggend twee fietsryers naby die South Park-stortingsterrein langs die N1 aangeval het. ‘n Ses-en-veertigjarige man is doodgeskiet nadat hy met ‘n baksteen aangeval is, terwyl sy 48-jarige metgesel ontsnap het. Die aanvallers het die fietse gesteel en gevlug. Die polisie moedig die publiek aan om na vore te kom met enige inligting. Die ondersoek na die moord en gewapende roof duur voort, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.