# Die Kaapstadse polisie het ʼn soektog begin na drie verdagtes nadat drie mense gisteroggend in Eersterivier doodgeskiet is. Volgens voorlopige inligting het drie onbekende gewapende mans die perseel in Daventry-straat binnegegaan waar die drie slagoffers in die tuin gesit het. Hulle het op hulle losgebrand en al drie doodgeskiet. Die verdagtes het weggehardloop. Kleinvlei se polisie ondersoek drie aanklagte van moord.
Soektog na verdagtes begin ná driedubbele moord in Kaapstad