# Die polisie het bevestig hulle het die wit VW Polo gevind wat na bewering in die moord op Olorato Mongale gebruik is. Die motor is by ‘n paneelklop-onderneming winkel in Durban opgespoor. Die 30-jarige Mongale se liggaam is Sondag in Lombardy-Wes by Johannesburg gevind nadat sy op ‘n afspraak was. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ‘n bejaarde man wat vermoedelik die eienaar van die voertuig is, is in hegtenis geneem, maar hulle soek steeds na twee mans wat vermoedelik direk by die moord betrokke was:
Soektog na twee mans wat met moord op Olorato Mongale verbind word [KLANK]
ENG AthlendaonSearching