Skip to content

SOE wys op sistemiese mislukkings in Ekurhuleni se grondadministrasie ná bedrog van R58-miljoen

# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n groot saak van bedrog in Ekurhuleni ontbloot oor die onwettige verkoop van 221 munisipale eiendomme in Villa Liza, ter waarde van ongeveer 58-miljoen-rand. News24 berig meer as 200 sake is vir verdere ondersoek na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys, met bykomende verwysings na die Regspraktykraad, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Finansiële Intelligensiesentrum. Die Spesiale Ondersoekeenheid sê die eiendomme is tussen 2019 en 2024 oorgedra sonder munisipale goedkeuring, en met vals dokumente.