Skip to content

SOE gemagtig om bewerings van wanadminstrasie in die Mbombela-munisipaliteit te ondersoek

# President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid magtig om bewerings van wanadministrasie in die Mbombela-munisipaliteit in Mpumalanga te ondersoek. Die ondersoek hou verband met sewe tenders wat die sake van die munisipaliteit raak. Die SOE sê hy moet bepaal of die verkryging en kontraktering op ‘n wyse gedoen is wat billik, mededingend en deursigtig is. Die ondersoek sal ook kyk na enige onreëlmatige, onwettige of onbehoorlike gedrag deur amptenare of werknemers van die munisipaliteit, en sy verskaffers van goedere of dienste.