# Fietsry: Agtien fietse ter waarde van sowat vyf-miljoen-rand is uit ‘n vragmotor gesteel wat behoort aan die Nederlandse span Visma-Lease a Bike, wat tans aan die La Vuelta a España-tydren in Spanje deelneem. ‘n Woordvoerder sê die werktuigkundiges het daarin geslaag om die toerusting te bekom sodat die span vandag in die derde skof kan wegspring. Die diefstal volg kort op die hakke van die span se voorloper, Jonas Vingegaard, se oorwinning en verowering van die rooi trui in gister se tweede skof in Limone Piemonte.
Fietsry: Visma-span begin La Vuelta a España se derde skof ondanks diefstal van 18 fietse