Skip to content

Slowaakse parlement gee goedkeuring vir grondwetlike wysiging wat LGBTQ-regte beperk

# Die Slowaakse parlement het ‘n grondwetlike wysinging met 90 stemme teen sewe goedgekeur om die regte van selfde-geslagpaartjies te beperk en om die reëls rondom geslagsverandering te verskerp. Die wysiging bepaal ook nasionale wetgewing voorkeur kry bo die wette van die Europese Unie. Sedert sy terugkeer na bewind in 2023, is die nasionalistiese eerste minister, Robert Fico gereeld in konflik met die 27-nasie EU-blok. Hy het al verskeie keer in die EU onder kritiek deurgeloop oor sy beperking van regte.