Skip to content

Slegs twee lede van die ‘Groot Vyf’-kartel geïdentifiseer met drie nog onbekend [KLANK]

# Die hoof van Misdadintelligensie, Dumisani Khumalo, het die Madlanga-kommissie meegedeel slegs twee lede van die “Groot Vyf”-kartel is tot dusver geïdentifiseer, terwyl drie ander nog onbekend is. Khumalo sê Vusimuzi “Cat” Matlala en Katiso “KT” Molefe is deel van die sindikaat wat betrokke is by dwelmsmokkelary, kapings, tenderbedrog en kontrakmoorde. Hy beskuldig ook die sakeman, Brown Mogotsi, wat in die binnekring van die Polisieministerie is, dat hy sy invloed gebruik om ondersoeke na Matlala te keer:

ENG KhumaloOnInsider