Skip to content

Slagoffers van Jagersfontein-ramp vra steeds vir geregtigheid op derde herdenking

# Dit is vandag die derde herdenking van die dag in 2022 toe die wal van die Jagersfonteindam in die Vrystaat gebreek en dele van die dorp oorstroom het. Sowat 140 families is geraak. Twee mense is dood en een word steeds vermis. Negentig families het die herbouprojek van 150-miljoen-rand aanvaar wat deur Jagersfontein-myn gelei word. Ander eis regsvergoeding. Die Menseregtekommissie en burgerlike samelewingsgroepe moniteer steeds die verwikkelinge en vra dat die ondersoekverslag vrygestel moet word.