Skip to content

SKOOR stuur ondersoek na die Padongelukkefonds van stapel

# Die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge het besluit om ‘n volledige ondersoek na die Padongelukkefonds van stapel te stuur. Bewerings van wanadministrasie, finansiële wanbestuur, verkwistende en roekelose uitgawes, en verwante finansiële wangedrag sal onder die vergrootglas kom. Die komitee sê die besluit volg na maande van herhaalde pogings om eerlike, volledige inligting van die fonds se raad en uitvoerende bestuur te bekom, sonder sukses. Die SKOOR-voorsitter, Songezo Zibi, sê hulle beplan om die verwysingsraamwerk van die ondersoek aan die begin van Julie goed te keur.