# Leiers van Rusland en Oekraïne het ooreengekom op ‘n drie-dae skietstilstand en die uitruil van gevangenes, ná ‘n versoek van die Amerikaanse president, Donald Trump. Die skietstilstand is bevestig deur die kantore van Volodymyr Zelensky en Vladimir Putin en sal van vandag tot Maandag duur. Die Amerikaanse president sê dit sluit ‘n opskorting van alle militêre optrede in, asook ‘n duisend gevangenes wat uitgeruil word uit elke land. President Zelensky het in sy reaksie gesê hy verwag die Verenigde State sal toesien dat Rusland die ooreenkoms nakom.
Skietstilstand van drie dae aangekondig tussen Rusland en Oekraïne