Skip to content

Skerp afname in slaagsyfer vir leerlinglisensietoetse in Suid-Afrika

# Die Padverkeerbestuurskorporasie het bevestig dat Suid-Afrika se slaagsyfer vir leerlinglisensietoetse van 68-persent tot 40-persent gedaal het sedert die bekendstelling van die gerekenariseerde leerlinglisensietoetsstelsel regoor die land. Woordvoerder Simon Zwane het aan News24 gesê die stelsel kies ewekansige vrae uit sy databasis vir elke leerder. Hy sê die toets is steeds soos voorheen in drie afdelings verdeel, maar daar is nou 64 vrae wat uit ‘n databasis van ongeveer een-duisend vrae getrek word.