# Palestyne bring hulde aan die vyf Al Jazeera-joernaliste wat gisteraand in ‘n Israeliese aanval dood is en hul begrafnis vandag het skares gelok in Gaza-stad. Reuters berig intussen medici by die Al Shifa-hospitaal sê ‘n sesde joernalis is ook in die aanval dood. Die Buitelandse Persvereniging het Israel versoek om aanvalle op joernaliste te staak en buitelandse verslaggewers toe te laat om die gebied binne te gaan. Die VN se Menseregtekantoor het gesê ten minste 242 Palestynse joernaliste is in Gaza dood sedert die aanval op 7 Oktober 2023.
Skares kom in Gaza-stad byeen vir begrafnis van vermoorde joernaliste