Skip to content

Skare vergader in Kameroen vir grootste byeenkoms van pous Leo se Afrika-toer

# Duisende mense het vroeër vandag in Kameroen se grootste stad en ekonomiese spilpunt, Douala, begin vergader vir ‘n mis saam met pous Leo, wat waarskynlik die grootste byeenkoms van sy besoek aan vier Afrika-lande sal wees. Die Vatikaan verwag ongeveer 600-duisend mense in die strate om die Japoma-stadion om aan die geleentheid deel te neem. Die eerste Amerikaanse pous is uitgesproke oor wêreldleiers, insluitend die Amerikaanse president, Donald Trump, en sê hulle bestee miljarde-rand aan oorloë en die wêreld word deur ‘n handjievol outokrate verwoes.