Skip to content

Sisulu-stigting sê Ntshavheni se staatsgreep-bewerings is gevaarlik en jaag vrees aan

# Die Walter en Albertina Sisulu-stigting vir Maatskaplike Geregtigheid kritiseer die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, se bewerings as onverantwoordelik en gevaarlik. Die minister het hierdie week bekend gemaak dat die sekerheidsgroepering die gevaar van ʼn staatsgreeppoging geïdentifiseer het, maar dat die betrokke agentskappe die mense agter die plan dophou. Die stigting sê om sulke bewerings sonder bewyse te maak, is nie net roekeloos nie, maar skep vrees en stel beleggingsvertroue en nasionale samehang in gevaar.