# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê hulle sal die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Tafelberg en die lewering van bekostigbare behuising in welgeleë gebiede oorweeg. Die saak hou verband met die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt. Aktiviste meen dit moet vir bekostigbare behuising gebruik word eerder as om dit privaat te verkoop. Die hof het bevind die provinsie en die Stad Kaapstad het nie hul grondwetlike plig nagekom om die apartheid-era ruimtelike ongelykheid aan te spreek nie. Simmers sê volgens die beslissing moet bekostigbare behuising versnel word:
Simmers sê Konstitusionele Hof bevestig behoefte aan bekostigbare behuising en ontwikkelings [KLANK]
AFR SimmersONConCourt