# Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het tussen April en Junie vanjaar beslag gelê op 57 vuurwapens, waaronder 34 nagemaakte en tuisgemaakte vuurwapens, en 644 rondes ammunisie. Een-en-dertig vuurwapens, 18 nagemaakte en tuisgemaakte vuurwapens en 467 rondes ammunisie is in die ShotSpotter-gebiede in Manenberg, Hanoverpark, Nyanga en Steenberg gevind. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê 40-persent van alle skote is in slegs 20 strate per buurt in die vier gebiede afgevuur:
ShotSpotter-gebiede verbeter wapenbeslagleggings in Kaapstad [KLANK]
AFR SmithonShotSpotter