# Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu sê hy het positiewe reaksie van Suid-Afrikaners ontvang, wat belangstelling toon om ‘n nuwe politieke beweging in die land te stig. Hy het verlede Donderdag aangekondig hy gaan oor die komende maande verskeie gemeenskappe en groepe raadpleeg om te bepaal of hy sy eie politieke party moet stig. Shivambu sê uit die reaksie wat hy ontvang het, is die behoefte aan ‘n ander politieke keuse sterk, en hy gaan sy konsultasieproses verbreed.
Shivambu sê die behoefte aan nog ‘n politieke opsie in die land is sterk