# Tshwane se metropolisie het die naweek sestien motoriste in Sunnyside tydens ‘n optrede in hegtenis geneem weens dronkbestuur en bestuur onder die invloed ander dwelms. Die operasie is deel van voortgesette pogings om padveiligheid te bevorder en te verseker dat bestuurders geskik is. Die departement sê bestuur onder die invloed van alkohol het ernstige gevolge wat die bestuurder en alle ander motoriste op die pad in gevaar stel.
Sestien motoriste vasgetrek vir dronkbestuur in Sunnyside