# Ses mense, deel van ‘n sindikaat bekend as die ‘Capitec Groep’, het in die Pretoriase Handelsmisdaadhof skuldig gepleit op die oortreding van artikel 5 van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad . Hulle het geld van die Vergoedingsfonds verduister, ‘n openbare instelling wat die Departement van Arbeid administreer. ‘n Woordvoerder van die Valke, Thatohatsi Mavimbela, sê hulle het erken dat hulle Vergoedingsfondsbetalings na persoonlike bankrekeninge herlei het deur middel van vervalste mediese verskaffers. Die ses sal in November gevonnis word.
Ses bedrieërs beken skuld op verduistering van die Vergoedingsfonds se geld