Skip to content

Service Delivery-party wen 15 raadsetels in Mpumalanga

# Die nuutgestigte Service Delivery-party maak vordering in die verkiesing in Mpumalanga en het 15 raadsetels ingepalm met byna 80-persent van die stemme wat getel is. Die party het die meerderheid behaal in die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit met 39-persent van die stemme en sewe setels. Die ANC behou intussen die meerderheid in verskeie munisipaliteite, hoewel talle rade onbeslis is. Die MK-party en die SAKP het ook steun gekry in Mkhondo en Bosbokrand.