Skip to content

Sentrums waarsku Ebola-uitbreking in DRK kan die ergste nóg wees

# Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming waarsku die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo kan moontlik die ergste nóg wees. Meer as 800 gevalle van die seldsame Bundibugyo-stam, waarvoor daar geen bewese behandeling of entstof is nie, is in die land aangemeld, waarvan 192 noodlottig was. Uganda het 19 gevalle bevestig, met twee sterftes. Die sentrums se direkteur-generaal, Jean Kaseya, sê duisende mense wat kontak met besmette pasiënte gehad het moet nog opgespoor word.