Skip to content

Senior Oekraïnse bevelvoerder verwag binnekort draaipunt in oorlog teen Rusland

# ‘n Senior bevelvoerder van Oekraïne se Verdedigingsmag sê sy land het ‘n ses maande lange venster om die gevegsinisiatief van Rusland oor te neem en sy hand vir vredesgesprekke te versterk. Brigadier-generaal Andriy Biletsky, wat in beheer is van Oekraïne se Derde Leërkorps, het aan Reuters gesê ‘n keerpunt is op hande na meer as vier jaar van oorlog. Hy glo die Russiese leër is uitgeput en nie in staat is om groot deurbrake te maak nie. Russiese magte het sedert hul volskaalse inval in Oekraïne in Februarie 2022 groot vordering gemaak, maar kry sterk teenstand deur Oekraïnse magte.