# Die senior Hamas-ampsdraer Bassem Naim sê hulle dring aan op ’n omvattende ooreenkoms om die oorlog met Israel in Gaza na 19 maande te beëindig. Israel het Maandag planne aangekondig om sy militêre veldtog in die oorloggeteisterde gebied uit te brei, wat volgens ’n Israelse amptenaar ’n oorwinning sou behels. Die plan het internasionale veroordeling ontlok. ’n Israelse sekerheidsbron sê die ontplooing van soldate sal ’n geleentheid skep vir ’n moontlike gyselaarsooreenkoms wat saamval met die besoek van die Amerikaanse president, Donald Trump, aan die Midde-Ooste later die maand.
Senior Hamas-ampsdraer sê hulle vereis ‘n omvattende ooreenkoms om oorlog in Gaza te beëindig