Skip to content

Sekerheidsowerheid ontken konsep-vuurwapenregulasies sal sekerheidsfirmas benadeel

# Die Reguleringsowerheid van die Privaat Sekerheidsbedryf het ontken dat die voorgestelde vuurwapenregulasies privaat sekerheidsfirmas sal benadeel. Die publiek kan tot 25 April kommentaar lewer op die konsep-wysigings wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gepubliseer het.. PSiRA voer aan daar word duidelik gestel dat die regulasies nie vuurwapens sal verbied of ammunisie sal beperk nie, maar daarop gemik is om toesig te verbeter. Die owerheid sê hy verwelkom openbare insette en is daartoe verbind om te verseker dat regulasies die bedryf ondersteun, maar nie-nakoming en roekelose operateurs teenwerk.